
Dit het ‘n verskeidenheid geure, van kruie, subtiele swartpeper, rooi- en swartbessies, en ‘n kern van donker vrugte.
Verouderingspotensiaal van 10 jaar.
Die vestiging van hierdie wingerd op die ou rotsagtige rivierbedding van die Breederivier, wat amper 14 miljoen jaar terug dateer, was nie ‘n maklike taak nie, maar met toegewyde arbeid het hierdie wyn ‘n baie terroir-gedrewe Syrah tot gevolg gehad. Uniek Swellendam.
Voortdurend 50% laer temperature gedurende die nag soos gedurende die dag.
Geoes teen optimale rypheid, is hierdie Syrah natuurlik op sy doppe en 20% heel trosse vir 10 dae gefermenteer, op sy doppe gelaat totdat malolaktiese fermentasie voltooi is en vir 24 maande in 300 liter-vate verouder.
☕ Bedieningsvoorstel: Varkpens, lamsrak of met ‘n dekadente donkersjokolade-nagereg.